Na 40 jaar van vriendskap moet ons ook nou groet tot ons weer ontmoet. Ons gaan die Vrydagaande se fliek en series kyk mis waar ons 'n goeie rooiwyn saam kon geniet , roomys eet en net lekker gekuier het.
Jy was 'n goeie vriend, altyd netjies en vriendelik en het 'n goeie voorbeeld gestel vir almal oor hoe om te leef en om teenoor jou gesin en andere op te tree.
Innige simpatie aan Carien, Marna en Christiaan, julle is in ons harte en gebede.
Op laerskool was jou kop menige oggend papnat, want die paadjie moes reguit wees... en die bobby socks is omgeslaan en met die vingers gemeet of dit ewe hoog is.
Jy het van nartjies en lemoene gehou, maar een van ons het dit geskil... later het Carien die werk oorgeneem ā dit was reg so, want dit is mos vir Chris.
Ouma Miemie het jou voorgetrek, maar ons het gedink dit is reg so, want dit is mos Chris, hy is so spesiaal...
Op hoƫrskool kon ons sussies nooit jou hempsmoue ewe hoog oprol nie, daarom het jy nooit met opgerolde moue geloop nie...
Jy was so lief vir die huis en jou gesin... wanneer een van ons nie daar was nie het jy altyd gesĆŖ: āMa, hoekom is ons so min kinders!ā
Pa- Beyers wat meer as een maak gesĆŖ het: āLos vir Chris... hy doen dinge op sy manier... dit is reg so, hy werk presies.ā
En op universiteit het jy vakansies lang gesprekke met jou vriend Mike gehad... ons almal kon dit hoor... die telefoon was in die gang... net om uit te vind... die āvriendā was al die tyd Carien!!
My broer jou opregte omgee en jou gasvryheid , jou aweregse grappies, jou lawwe sĆŖ-goed, jou presiesheid met steakbraai: 3 hopies... rare, medium en well done... na elkeen se smaak, die familie-etes- die gesellige samehorigheid in liefde...
En dan Boesmanriviermond... 25 jaar se saamkuiers Desembermaande: die oefeninge op die mat, die lawwe dansies, die agteruit hardloop op Boesmans se strand, die grappies en stap langs die see met jou kamera altyd byderhand, die brikette wat afgetel word vir die braaivleis (in wind en reĆ«n), jou prototipes vir die Kersfees-engeltjies, jou presiesheid met die glu-gun om dit te laat realiseer, die lekker eet tot ons vaak is en die die slaap tot ons honger is, jou lees van die Edblo-handleiding in die middae, legkaartbou, die woordspeletjies... te veel goed ā so onbevange lekker en gesellig...
Jou geloof in die goeie en die mooi in die lewe, jou lewe in die waarheid van die Woord... jou koesterende liefde en omgee vir Carien, Marna en Christiaan...
Jou vermoĆ« met taal... jou speelsheid, ondeundheid, die woordspelings ag, net jou daar-wees... maar... soos Koos du Plessis gesĆŖ het: āWat ek is is net genade, wat ek het is net geleen...ā
Ek weet die Here het jou jou lewensasem geleen, want ons lewe mos in geleende tyd... dit was Sy wil om dit weer terug te neem, terug na die Vaderhuis... ons harte is stukkend, maar ons juig in die wete dat jy jou lewe met passie en geloof gelewe het, wat ān voorreg dat jy vir meer as ses en sestig jaar deel van my lewe was.
My condolences to Chris's family. Chris came into my life during the most difficult phase of my life through an unusual platform(Gumtree). He played a crucial role in my career and i will always be thankful to him. May his beautiful soul rest in peace.
A Tribute to my Best Friend - Chris Havenga By Ron Lindeman
āPrecious in the sight of the LORD is the death of his saints.āĀ (Psalm 116:15)
I have had the privilege of knowing Chris for the past 24 years, and we had, because of respect and common interests grown even closer over the past decade.
It was therefore devastating to learn of his untimely passing on 23 July 2021, something that none of us would ever have expected.
Chris was an outstanding character in so many ways; an absolute gentleman, a loving husband and a good father. If anything had to be attended to in the home, Chris was onto it! If I needed help with anything, from a computer problem to the installation of a bathroom handrail, he was there with all the equipment needed to fix the problem.
It was clear that Chris and his siblings had been raised by loving, Godly parents who lived by, taught and displayed sound Biblical principles. These he also lived out!
Regular, Monday evening meals with Chris and Carien were always very special to me, not the least being due to their natural, easy-going ability to entertain, Carienās remarkable culinary skills and Chrisās well-stocked wine ācellar.ā
Also of note were the family holidays that we all enjoyed together at Natures Valley, Drakensberg, Dullstroom and various other resorts, mostly whilst Helena was still alive. The last short holiday that Chris, Carien, Christiaan and I enjoyed together was at Glenmore in June this year.
These are all very special memorable events that will remain with me forever.
Chris, I miss you and look forward to meeting up with you, together with all our beloved in Heaven one day, where there is no illness, wars or stress. Just tranquillity and peace with our Lord Jesus Christ!
Your friend, Ron. āAnd the Lord said, 'Welcome Chris, My good and faithful servant. Welcome home!'ā