1 September sal nooit weer dieselfde wees nie. Lentedag is die perfekte dag om n mens soos Chris se lewe te vier, so amper of dit saamvat wie hy was! Chris was so baie dinge vir so baie mense. Hy het so n groot impak in my lewe gehad. Vir Chris het n mens selde kwaad gesien, altyd n glimlag op sy gesig en reg vir n storie. Ek onthou altyd as ek gevra het hoe sy vakansie by Boesmansrivier was, dan sê hy: “ons het geëet tot ons vaak was, en geslaap tot ons honger was!”. Ek en hy kon so lekker gesels oor ons herhineringe van plaas lewe, en ons spyt dat ons kinders dit nie werklik kan beleef soos ons dit kon doen nie. Ons het ook n liefde vir lees gedeel, en gereeld gepraat oor skrywers soos PH Nortje en Doc Immelman ens. Chris het my kinders gesien groot word - ek het vir hom begin werk n maand voor ons oudste kind se geboorte en altyd n egte belangstelling gehad. Hy het my altyd geinspireer om n beter mens te wil wees. Chris, jou plek is leeg in ons harte. Sê hello vir my pa.
2
1991, Op pad Oostenryk toe vir 'n ski vakansie
2
2018, Midlands Saddle and Trout, Hidcote, Mooi River, South Africa
1
1992, Ein Gedi woestyn & Ein Gev kibbutz, Israel
Die Suid-Afrikaners het 'n nag in die woestyn geslaap - aan die voet van Masada.
2